SAWWV & Lallemand SA ken pryse aan studente toe
Die SAWWV en Lallemand SA span jaarliks saam om die beste finale jaar student in Wingerd en Wynkunde (US) en die beste finale jaar student in Keldertegnologie by die Kaapse Instituut vir Landbou-Opleiding: Elsenburg, te beloof vir hul harde werk. In Desember 2012 is hierdie toekennings aan Wietske Rubow (US), Madré Fullard (KILO, Elsenburg) gemaak. Riandri Visser ook van KILO, Elsenburg, was afwesig toe die foto geneem is.
Op die foto verskyn v.l.n.r.: Piet Loubser (Lallemand), Wietske Rubow (US) en Willem Botha (President SAWWV). Inlas Madré Fullard (KILO, Elsenburg).