SAWWV en Lallemand SA ken pryse aan studente toe (2019)

Die Suid-Afrikaanse Wingerd- en Wynkundevereniging (SAWWV) en Lallemand SA span jaarliks saam om die beste student in die finale jaar in wingerd- en wynkunde aan die Stellenbosch Universiteit en die beste student in die finale jaar in keldertegnologie aan die Kaapse Instituut vir Landbouopleiding op Elsenburg, vir hul harde werk te beloon.
Die 2019 pryswenners is Shannon Morse van die Stellenbosch Universiteit en Schalk van Deventer van die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding op Elsenburg (KILO).