2008 SAWWV Lallemand pryse
Lallemand SA en SAWWV ken pryse aan studente toe
Die SAWWV en Lallemand SA het weereens, soos in die verlede, die beste finale jaar student in Wingerd en Wynkunde by die Universiteit van Stellenbosch en die beste finale jaar student in Keldertegnologie by die Kaapse Instituut vir Landbou-Opleiding: Elsenburg beloon vir hulle harde werk. Op 3 Desember is hierdie toekenning by Laborie Landgoed, Paarl aan Kristin Basson van die Universiteit gemaak.
Prof Maret du Toit (President van die SAWWV), mnr Gerhard Hofmann (Ere-President SAWWV), Piet Loubser (Lallemand SA), Kristin Basson (beste Wingerd en Wynkunde student – US) en mev Marietjie Basson tydens die prysoorhandiging.
Tamarin Turck (beste keldertegnologie student – Elsenburg)