Personal tools
You are here: Home Awards 2005 2005
Document Actions

2005

SAWWV BELOON BESTE FINALE JAAR STUDENTE IN WINGERD- EN WYN

Die jaarlikse toekennings aan die beste finale jaar studente in wingerd- en wynkundeAward 2005 aan die Universiteit van Stellenbosch en die Kaapse Instituut vir Landbou-Opleiding (voorheen Elsenburg Landboukollege), is onlangs gemaak. Hierdie kontantpryse word jaarliks deur die Suid-Afrikaanse Wingerd- en Wynkunde Vereniging (SAWWV) en Lallemand SA toegeken. Die 2005 wenners was Elzette du Preez (Kaapse Instituut vir Landbou- Opleiding) en Anita Smit (Departement Wingerd- en Wynkunde, US). Op die foto verskyn van links na regs:
Me. Elzette du Preez, mnr. Piet Loubser (Bestuurder: Lallemand SA), Me. Anita Smit en Dr. Ilse Trautmann (President: SAWWV).

SAWWV KEN JAARLIKSE PRESTIGE PRYSE TOE

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Wingerd- en Wynkunde Vereniging (SAWWV) het tydens die pasafgelope jaarlikse kongres sy prestige pryse toegeken. Die ontvanger van die SAWWV erepenning was Dr. Pierre Marais, wat diep spore in die Suid-Afrikaanse wingerd- en wynbedryf getrap het en ook vir etlike jare op die Raad van die Vereniging gedien het. Vanjaar is beide die SAWWV Prys vir voortreflike navorsing (gebaseer op die beste wetenskaplike artikel in die SAWWV Joernaal), asook die Jong Navorsersprys (R5000 kontant), aan Dalene de Beer, ‘n Ph.D student van die Departement Voedselwetenskap, US, toegeken. Haar navorsing fokus op anti-oksidante en fenole in Suid-Afrikaanse wyne en sy doen haar studies onder die leiding van Dr. Lizette Joubert van LNR Infruitec-Nietvoorbij. Eersgenoemde prys sal haar in staat stel om oorsee te reis om sodoende haar navorsing ook daar bekend te stel en verder te verbreed.

Op die foto verskyn van links na regs:


Award2005_2
Award2005_2

Dr. Ilse Trautmann (President: SAWWV), Dr. Pierre Marais, Dalene de Beer en Dr. Maret du Toit (Vise-President: SAWWV).