2005
SAWWV BELOON BESTE FINALE JAAR STUDENTE IN WINGERD- EN WYN
Die jaarlikse toekennings aan die beste finale jaar studente in
wingerd- en wynkunde
aan die Universiteit
van Stellenbosch en die Kaapse Instituut vir Landbou-Opleiding
(voorheen Elsenburg Landboukollege), is onlangs gemaak. Hierdie
kontantpryse word jaarliks deur die Suid-Afrikaanse Wingerd- en
Wynkunde Vereniging (SAWWV) en Lallemand SA toegeken. Die 2005 wenners
was Elzette du Preez (Kaapse Instituut vir Landbou- Opleiding) en Anita
Smit (Departement Wingerd- en Wynkunde, US). Op die foto verskyn van
links na regs:
Me. Elzette du Preez, mnr. Piet Loubser (Bestuurder: Lallemand SA),
Me. Anita Smit en Dr. Ilse Trautmann (President: SAWWV).
SAWWV KEN JAARLIKSE PRESTIGE PRYSE TOE
Die Raad van die Suid-Afrikaanse Wingerd- en Wynkunde Vereniging (SAWWV) het tydens die pasafgelope jaarlikse kongres sy prestige pryse toegeken. Die ontvanger van die SAWWV erepenning was Dr. Pierre Marais, wat diep spore in die Suid-Afrikaanse wingerd- en wynbedryf getrap het en ook vir etlike jare op die Raad van die Vereniging gedien het. Vanjaar is beide die SAWWV Prys vir voortreflike navorsing (gebaseer op die beste wetenskaplike artikel in die SAWWV Joernaal), asook die Jong Navorsersprys (R5000 kontant), aan Dalene de Beer, ‘n Ph.D student van die Departement Voedselwetenskap, US, toegeken. Haar navorsing fokus op anti-oksidante en fenole in Suid-Afrikaanse wyne en sy doen haar studies onder die leiding van Dr. Lizette Joubert van LNR Infruitec-Nietvoorbij. Eersgenoemde prys sal haar in staat stel om oorsee te reis om sodoende haar navorsing ook daar bekend te stel en verder te verbreed.
Op die foto verskyn van links na regs:

Dr. Ilse Trautmann (President: SAWWV), Dr. Pierre Marais, Dalene de Beer en Dr. Maret du Toit (Vise-President: SAWWV).